Met my hele hart
Words and music by Larry Holder / Elton Smith · tr. André Esterhuyse · 1997
Key of A · 99 BPM · 4/4 · Praise
Verse 1
{c: Vers 1}
Met my hele hart loof ek U Here
Met my hele wese het ek U lief Heer
My ganse lewe bring ek na U troon
Ek loof U Naam my liewe Vader
En ere aan U my Heer en Meester
Genade en dank het U aan my verleen
Chorus
{c: Refrein}
Eer aan U Heer my God
My Verlosser en Vader wat ek ken
U’s die een na wie ek soek
U alleen Heer my God
My Verlosser en Vader wat ek ken
Word nou in lof verhef
U Heer my God is oral oor
Verse 2
{c: Oorgang}
Geen groter liefd’
U oneindige guns
Versoening vir sonde alleen op die kruis
Hoe anders as dit
Op so ’n guns te antwoord
As om U die lewe
Wat U my gee, te bied
Verse 3
{c: Vers 2}
Want ek het die ew’ge lewe gekry
Gered deur U guns leef ek vir altyd
Omring deur U liefde weet ek U is daar
Vry van my sonde, vry om U te dien
Vry om te leef net soos U behaag
Al van my dae is ek in U sorg
Chorus
{c: Refrein}
Eer aan U Heer my God
My Verlosser en Vader wat ek ken
U’s die een na wie ek soek
U alleen Heer my God
My Verlosser en Vader wat ek ken
Word nou in lof verhef
U Heer my God is oral oor
Verse 4
{c: Slot}
U Heer my God is oral oor
U Heer my God is oral oor
© 1997 Larry Holder / Elton Smith · tr. André Esterhuyse · Shared through WorshipCommons — free for worship everywhere, always.